Week een van ons drie-weke-toer is iets van die verlede, maar die groot avontuur waarvoor ons regtig hier in Namibië is, wag vir ons in Lüderitz. Van Ai-Ais kronkel ons deur die Richtersveld langs die Oranje rivier tot ons die C13 kry. By Rosh Pinah word die laaste proviand vir ons ses dae duine avontuur gekoop – hout, ys, bier, koeldrank, bier, water, snacks, bier (het ek al bier genoem?) … Voertuie en jerrykanne word tot in die keel volgemaak. Alles word vir ʼn laaste keer na gegaan en dan is…

