So baie keer het ons al onder deur die “Old English Fort” in die Kogmanskloofpas gery, 4km voor Montagu as jy van Ashton se kant kom, en nog nooit daar gestop nie. Maar die keer toe ek vir die seuns die klein fort bo op die tonnel uitwys het hul dadelik aangedring daarop dat ons moet stop en gaan loer. En dit my liewe vriende is hoekom ek daarvan hou om saam met kinders te reis/toer/kamp/verken. Hul is nie so gejaag soos ons nie, en natuurlik sal hul elke oomblik aangryp…