Skip to main content Scroll Top

Monamodi

Polenswa

03 Aug: Mabuasehube!!

Ons is nou vyf dae in ons Kgalagadi-avontuur tydens die Junie/Julie-skoolvakansie. In die eerste deel van die reis het ons via Fraserburg die park by Twee Rivieren binnegegaan. Ná ‘n paar onvergeetlike aande by Rooiputs en Nossob, pak ons nou die pad verder noord aan na Polentswa – een van die Kgalagadi se mees besondere kampe. Mense het my gewaarsku die Kalahari is bitter koud gedurende die winter seisoen, maar van dag een het ons die perfekte weer ervaar. Aande was koud, maar gedurende die dag was dit enige iets van…