Vrydagmiddag so net na 4pm ry ek en Lian Rawsonville binne. Die jong knaap is verby opgewonde en hy het goeie rede. Ons twee is op pad AlartsOewer toe vir ons jaarlikse kerk, NG Wellington Oos, se “pa & kind” kamp. Net buite Rawsonville draai ons regs op die Louwshoek Boontjiesrivier pad (maggies daai is nou ʼn mondvol) tot ons die T-aansluiting kry waar Pannie & Kai vir ons gewag het. Soos dit nou maar is met tegnologie het oom Garmin ons (en so ook ʼn paar van die ander pa’s…