Met die dat Jean & Marli in Johannesburg was vir die Junior Nasionale Onderwater Hokkie kampioenskappe het ek en Lian besluit daar is nie ʼn manier dat ons twee tuis gaan sit oor die naweek nie. Vrydagmiddag word daar vinnig iemand gereël om na die honde te kyk oor die naweek, ʼn paar goed word in Tigger gegooi en dan is ons twee in die pad op pad Porterville toe. Die afdraai na 22Watervalle is op die R44 net buite Porterville (dit is as jy van Gouda se kant af kom)….