2350km, -9 grade Celsius en ‘n verlore waentjie later is ons darem weer veilig in die Kaap na een onvergeetlike roadtrip en ‘n kick-ass festival (Sticks & Stones). Hoe beskruif ‘n mens ‘n trip waar daar so baie gebeur het? As ons nie gevrek het van die koue nie, was dit waentjie probleme, griep wat ons van alle kante omsingel het, ‘n Witblits bottel wat net nie wou leeg nie, al die nuwe en ou bekende gesigte wat ons ontmoet het, een kick-ass rock festival en natuurlik ons mooi land.
Hier volg die begin van die einde…
Woensdagaand, 15 Junie 2005 – Kaapstad na Sutherland:
Toe ek gehoor het dat Sutherland ons eerste stop was vir hierdie trippie het ek so jukkerige gevoel in my gat gekry. Was nog nooit self daar nie, maar elke keer as ek iemand inlig dat dit ons eerste stop is dan kry hulle hierdie “arme julle, dom donders” gesiggies en dan weet ek ons is besig om met die leeu se dinges te speel.
Net so duskant die Maaitjiesfontein afdraai het ‘n haas gereken hy sal Tigger (ons bakkie) ‘n soen probeer gee en die arme knaap het sy gat lelik 13de gesien. Het hom na sy begrafnis as Roadie gedoop. Het gedink die naam was gepas vir die knaap…of dit wat nog op die bakkie was.
01h00 en Tigger sleep met 5 “honger vir kuier” Willeklong (Elizca, Parmalat, Ron, Vicky & ek) Sutherland in. Mense, koud is ‘n relatiewe begrip teenoor wat ek daar beleef het. Kon nie ‘n bossie nat maak nie, want wie wil sy tool uit haal as dit so koud is. Dalk verloor mens die bleddie ding en wie dra dan die naam van die familie oor. Nes Willeklong, het ons die trip aan gepak met die basiese reëlings waarvan verblyf nie een was nie. Het genoeg matrasse en TB (ons tent) so ons soek net ‘n oop vlakte en dan is die Kaap Hollands.
Die dorp was koud, stil en ek het my potplant begin mis. Waar de hel kamp ons vanaand? My woorde was nog nie eers koud nie en ‘n stem met ‘n bier in die hand skreeu hier uit ‘n gebou. Toe dié hoor dat ons êrens in die dorp wil kamp het die oompie amper ‘n hartaanval gekry. Die smile wat deur die geselligheid veroorsaak was het verdwyn en daai “arme julle, dom donders” gesiggie het weer te voorskyn gekom.
Een van die manne, Duifie (wat toe wraggies vir Parmalat ken) wat die geselligheid saam met die oom geniet het, het darem gesien ons was ernstig gewees en het gereken ons kan maar op die kerk plein kamp wat in die hoofstraat was.
TB het op geskiet en oom Soetwyn het sy verskyning gemaak. Een of 12 knertsies sal mos nou nie seer maak nie. ‘n Worsie was gou gou getan op die skottel en na so ‘n paar soopies van oom Witblits ook, is die slaap ding probeer. Ron en Elizca het Tigger beset en ek moes saam met daai twee oorgewig sotte, Parmalat & Vicky, ‘n tent deel. As die een jou nie dood snork (Parmalat) nie dan huil die die ander een (Vicky) so erg net omdat hy nie met die lig mag aan slaap nie. Dit gaan ‘n laaaaaannnnnnngggggg trip wees.
Donderdag, 16 Junie 2005 – Sutherland na Williston na Brandvlei na Keimoes:
07h00 en die wêreld lyk so bietjie te wit hier van die koue. Die ys het so ‘n laagie op Tigger gelê en ek het maar gehoop Ron en Elizca lewe darem nog. Terwyl ek nog die plekkie so bewonder, kry ek ‘n oproep van die groot seun (pa) om seker te maak of ons nog lewe want dit was glo gisteraand -9 grade Celsius op Sutherland. Shit ek het dit gevoel en kan dit nou ook sien.
Na breakfast (09h30) het Ron en Elizca die cockpit gevat en die lang stretch Keimoes is aangepak. Ek, Vicky en Parmalat het onder ‘n ton komberse gelê om die oggend koue te ontglip. Klein Ron is mos nie bang vir ry nie en die seun het die kilos op die grond pad gou-gou af getik.
By Williston is daar gou gestop vir soetigheid en ‘n koppie sawwelyf was net so buite die dorpie langs die pad aan mekaar gelaan. Met die oggend briessie wat nog in die lug was kon mens nie glo hoe stil dit hier in die Karoo is nie. Dit is asof die lewe hier stil staan – selfs die bleddie weer, want dit wil nie warmer raak nie. Veldskoen (die WK se plakboek) is uitgeruk en verlange woorde het die papiere getref.
Brandvlei was volgende op die map en daarna is dit weer teer tot in Keimoes. Dinge gaan goed en ons gaan sommer nou-nou daar wees…of so het ons gereken. So 55km voor Brandvlei het ons waentjie besluit hy het nou genoeg gewerk en het die trek arms van die bakwerk begin skeur. Dit was op sy laaste gewees en gelukkig het ons dit betyds gesien, anders sou dit ‘n LELIKE storie af gegee het. Wat de hel nou? Vandat ons Sutherland verlaat het vanoggend, is daar nog nie een kar verby ons nie so ons kan nie wag vir aankomende verkeer nie. Koppe is bymekaar gesit en daar is besluit dat ek en Ron vir hulp in Brandvlei sal gaan soek.
Brandvlei – op die map is dit so mooi groot ronde sirkeltjie, maar toe ons die dorpie in ry het ek gereken dat ons die verkeerde dorpie gekies het vir hulp. Die dorpie is verlaate en vrek klein. Dit lyk amper soos op die Western movies as die wind so deur die dorpie waai. By die naaste en seker ook die enigste garage kry ons ‘n knaap wat ons toe vat na die dorp se handyman, Frans.
Na ‘n stywe handdrukm, ‘n vriendelike glimlag en ‘n koppie sawwelyf skiet twee bakkies (Frans en al sy laaities in sy Hilux en ek en Ron in Tigger) die 55km terug na die verlore ape wat êrens langs ‘n pad in die Karoo staan. Charl is nie bang vir ‘n stukkie grond pad nie en ou Tigger moes maar sleep om by te hou.
By die ander gekom het ek maar net gelag en kop geskud. ‘n Vuurtjie was aan mekaar geskop want Paul wou WEEREENS sy maag voer terwyl Vicky ‘n waaghalsige slaap maneuver gewaag sommer so langs die pad op die grond. Ek dink Frans het ook maar net sy kop geskud. Die lee waentjie is gou-gou op die Hilux gesit en daar sleep ons die 55km terug Brandvlei toe. Dit gaan nou die 3de keer wees (55km x 3 = 165km) wat ek dit stukkie travel in een middag. Julle ken mons daardie sê ding dat as die k*k jou tref dan tref dit jou sommer in fases van 3’e. Wel na die trip glo ek wraggies daaraan, want net so 20km voor Brandvlei bars Frans se linkeragter wiel en soos die lot dit wil hê, is daar tussen ons twee nie die regte wheel spanner vir die wheel nuts nie. Weer terug Brandvlei (20km) toe om die wheel spanner te kry. Na ‘n hele 205km van heen en weer maak die twee bakkies en huilende waentjie Brandvlei.
Frans het onmiddelik aan die werk begin spring en na so twee ure sleep Tigger met “hoop hy is nou reg” waentjie Brandvlei uit. So duskant 19h00 trek ons laer op ‘n wingerd plaas nes jy Keimoes in kom. Oom wa het darem gehou en die groot wild stories oor die dag se gebeure het die koue aandlig in geskiet. Oom Witblits het weer sy verskyning gemaak en die eerste koppie polisiekoffie (oom brandewyn en coke) het sy verskyning gemaak. Vanaand gaan ons Bacchus se baas wees…whahaha…whahaha. Mens kan net nie kuier as dit 0 grade Celcius is nie.
Vrydag, 17 Junie 2005 – Keimoes na Augrabiese watervalle na Springbok na Vioolsdrif:
Ek deel NOOIT OOIT weer ‘n bakkie met Parmalat nie. As hy jou nie dood snork nie dan vergeet die mal ding dat iemand anders ook in die bakkie is en slaap asof hy die die hele ding besit. As dit nie genoeg is nie, reken hy, hy gaan kaal streak oor die veld om ‘n spesifieke boompie van sy keuse nat te maak. Ek is vir die res van my lewe gescare.
09h00 en ons is weer op die pad. 50km later en ons tref Kakamas. Die plekkie is so klein dat as jy nie mooi fokus nie, jy die plek sommer maklik mis kan ry. Net so buite die dorp vat ons ‘n skerp regs Augrabiese Watervalle toe. Dit is so ‘n klein detour, maar was elke killo die moeite werd. Die Augrabiese watervalle is een helse duk stroompie water mense. Die fasiliteite en viewpoints is stunning en ons kon nie vir beter weer gevra het nie.
Soos ons Genadendal hike het die mae weer lelik teen ons begin speel en olimpiese winde het begin opbou. So hier sit ons by die lekker rustige restaurantjie by Augrabies met ‘n bier in die hand en so tussen die mooi views moet jy koes vir n poep of 10. Het arme Elizca so jammer gekry dat sy deur sulke helse marteling moes gegaan het om tussen ons te gewees het. Maar hey elke sport het mos sy beserings.
Terug van ons stunning detour en ons is weer op track. Op Pofadder is daar gou gestop vir soetigheid en so bietjie bene rek. Vicky het Parmalat en Ron amper aan die huil gehad met sy maag kwale en ons het amper die canopy ‘n paar keer verloor soos die manner spring vir vars lug. Aaai manne, mens kan ook nêrens met julle gaan nie.
Op Springbok was goud (voggies en sommer genoeg vir ‘n batteljon) gekoop. Vicky het die laaste stretch Vioolsdrif aangepak en net so na 17h00 trek ons die Bushwacked (Fiddler) kamp terrein in. Nou vir die van julle wat nog nooit in daai wêreld was nie sal nie verstaan as ek sê dat jy van die mooiste sonsondergange daar kry nie. Met die Oranjerivier aan jou voete en so baie rustigheid kan mens vir niks meer vra nie.
Vure het die lig in geskiet en nou kan die geselligheid maar begin. Het tonne nuwe gesiggies ontmoet en hier en daar ‘n ou bekende een weer raak gesien. Weereens het oom Witblits sy verskyning gemaak en net daar en dan het Elizca besluit genoeg is genoeg en het eienaarskap van die einste bottel geneem. Ek is nogsteeds stom geslaan hoe sy daai aand oorleef het, maar sy het en ek dink elke bulletjie wat dink hy kan kuier moet maar sy hoed af haal vir haar want, ek sou nie bly staan het na daai wit sappies.
Later die aand het al die kuiertjies van die vure op geëindig by die bar en een helse groot geselligheid is aan mekaar geskop. Oom “Low flying Canadian Duck F*ck*r” het weer hul verskynings gemaak en die het sommer reguit knieë toe geskiet. Al die bands was ook nou al hier en dinge het by die minuut net lekkerder en lekkerder begin raak.
Nog ‘n doppie asb … waar de hel is ek nou …. wie is jy nou weer … bliksem dit was n sterk shot…kan ek ook op die tafel dans asb …. eina my kop is seer … waar slaap ons nou weer ….?
Saterdag, 18 Junie 2005 – Sticks & Stones festval by Bushwacked:
“Die Oranjerivier het my nog nooit terleurgestel nie” woorde van my groot pal Vicky en dit het weereens die keer ook nie. Wat haar naam is weet hy nie, maar is dit nou regtig so belangrik…hehehehe. Het hom belowe ek sal nou nie meer hieroor praat nie so kom ons los dit maar net hier…
Dinge het maar woes gelyk op die terrein en almal het pyne gevat. Koppe was vas gehou en ‘n verlore siel het hier en daar rond gestap op soek seker na sy laaste knertsie. Vicky het sleg gelyk en ek dog die seun gaan nie ‘n hel vandag maak nie. Ons was nog nie eers ‘n volle dag hier nie en dit het my fasineer hoe maklik dit is om vriende te maak. Nuwe tente en gesiggies het die oggend op geskiet en nog handdrukke is uit gegee. Ek het nou al lanklal name vergeet.
Die kampterrein by Fiddlers het my wraggies impress. Elke staan plek het sy eie vuur maak plek met ‘n klein buite kombuis. Gewoonlik ly jou badkamers onder sulke events, maar hier het dit glad nie gebeur nie. Jy kan enige tyd gegaan het en dit was heel netjies gewees. Met ‘n lekker buite bar wat oor die Oranjeriver kyk en ‘n koue bier in die hand kan dinge mos net nie beter gaan nie.
Kappie en sy sus het ons vermaak met so bietjie musiek op die gras en dit is hier waar dinge so bietjie skeef begin loop het vir my. Die ou liggaam het begin moan en oom griep het my begin voeter en sommer hard ook. So hard dat ek fisies man-down was vir die res van die Saterdag so net na die rugby. Ek dink die rugby het nie my kondisie gehelp nie…hehe. Kon darem die eerste show kyk, maar moes die handdoek in gooi daarna en die manne het my maar tent toe gevat.
DIe res van die aand is darem nie verlore nie en tussen Elizca en Ron het hulle die volgende stukkie geskruif:
Uiteindelik was die oomblik van die bands daar, die eindelike rede hoekom die Willeklonge hierdie ‘roadtrip’ aangepak het.
Die skare was bederf met Anitpathy, Tonight we die, Nesshmah, Impropriety, Nothing in my pocket, Vervangbaar, Capt. Stu and the ILamas, Lovehunter, Emokidjosh, Misdaad Kinders en dan natuurlik ‘n WK gunsteling Zinkplaat.
Die laaste band voor die rugby was ‘n local metal band van Springbok,Vervangbaar. Kon hoor hulle is nog ‘n jong band, maar die talent wat van die drommer en ‘lead guitar’ af gekom het was ongelooflik. Hierdie een sal al die SA heavy metal rockers beslis laat ‘head bang’.
Van die skare se kant af het die middag nogal stadig begin (seker die vorige aand se verversings), maar na die rugby was die skare reg vir die rock en punk en daar was nie sprake van terug hou by die bands ook nie. Die bands het gekom van heide en verre, vanaf Brackenfell tot Springbok, en Stellenbosch tot Prieska…so ietsie vir elke smaak En soos dit spreekwoordelik gaan…hoe later hoe kwater.
Die meeste van die bands is nog jong bands….maar soos hulle gerock het Saterdagaand gaan hulle sommer vinnig-vinnig naam maak in die industrie!
Uiteindelik liewe maters, is dit toe tyd vir Zinkplaat, die Willeklonge kon nie meer wag nie! Zinkplaat het verskeie nuwe liedjies gehad om met die skare te deel, wat ons kan verwag op hul nuwe cd wat in Augustus ‘gelaunch’ word, maar hulle het ook die skare trakteer met ou gunstelinge soos ‘Waar is Riaan ‘ (Die Enimen weergawe was ‘excellent’), Blik Guitar Blues en dan natuurlik die grote…KAROO POISON, wat spesiaal opgedra was aan die Willeklonge en spesifiek vir Henry, ons mater….
Hulle het ook ‘n verdere byvoeging tot die band gehad Saterdag…’n tromboon, wat die hele effek heel interresant gemaak het en daardie ekstra unieke klank bygevoeg het by hul gewone klank wat mens kan verwag!
Die van julle wat nog nie Zinkplaat in lewende lywe gesien het nie, of selfs nog nie hulle cd aangeskaf het nie, moet sommer vinnig plan maak, want maters, julle weet nie wat julle mis nie!
Emokidjosh was een van die laaste paar bands wat die aand ge-konfyt het. Dit was dieselfde ou wat die dag vir ons begin het met ‘n acoustic set. Toe die res van die band agter hom kom staan het, het alles begin sin maak. Hy het ‘n baie sterk stem en die res van die band het die lus gehad wat ‘n mens wil sien in ‘n nuwe group.
Dan ook ‘n GROOT DANKIE aan Kappie, die mc van die dag/aand. Hy het die hele fees goed bedryf en dit lekker aan die gang gehou. Volgende jaar maak ons weer so, dan maak die Willeklonge seker dat daar ‘n groter teenwoordigheid van die Kaap af is!
Sondag, 19 Junie 2005 – Bushwacked na Kaapstad:
Mensies toe ek daai tent uit stap toe dog ek mense is dood. Het ek die party van die eeu gemis of wat?? Vicky en Parmalat was plat geskiet in die tent en dit het gelyk of hulle deel was van die grond soos hulle gelê het. Die spyt het my onmiddelik getref, want ek weet ek het seker die beste gedeelte van die trip gemis. Stadig maar seker het hier en dan daar ‘n gesiggie uit ‘n tent uit geskiet. Bliksem maar die mense lyk of hulle hard houe vat vandag.
Met kopsere en al is daar begin om kamp op te slaan en so net voor 09h00 na ‘n halwe ton drukkies en soene het ons die langpad Kaap toe aangepak. One way traffic Kaap toe…yeah right. Jy sien ons het van nommer 3 vergeet (No 1 was toe die waentjie gebreuk het en no 2 was toe Frans se wiel gebars het) en soos die lot dit wil hê besluit oom waentjie se kind dat sy armpies weer genoeg gewerk het. Gelukkig (weereens) was ons die keer op Springbok by die KFC toe ons dit gesien het. Na ‘n paar oproepe is daar besluit die seun wil nie meer draf nie en ons gaan hom sommer by Vicky-hulle se tannie wat net so buite Srpingbok bly los.
Alles in die wa (en die seun was VOL gepak) moet nou in die bakkie en die trippie Kaap toe gaan nou nog langer voel. Ron en Elizca het die leisels gevat en die het hom deur getrek tot in die Kaap.
As jy nou nog lees dan het jy wraggies niks beter om met jou tyd te doen nie, maar dankie in elke geval. Daar is nog so baie wat ek kan vertel, maar dit kan net te lank wees en ek wil nie nou my eerste boek al launch nie. Waar begin ‘n mens om dankie te sê?
Dankie vir die Groot Seun daarbo wat ons vielig gelei het op die trippe, vir al die sms’e van al die pals en familie met die voorspoed wense, Vir Vicky se pa wat die waentjie vir ons geleen het (al kon ons nie eers die seun terug bring nie), vir al die mense wat ons langs die pad ontmoet het vir hulle vriendelikheid en gasvryheid, vir Kappie die MC van die fees vir sy mooi woorde aangaande Willeklong en ook Bertie van Zinkplaat vir die song – BAIE DANKIE JULLE.
Vir al die sotte (mens moet hulle seker vriende noem…hehe) wat saam op die trippie was (Parmalat of Paul soos sy ma hom ken, Elizca, Vicky en Ron of Ruan soos die girls hom ken) wil ek ook net dankie sê vir een kick-ass road trip.
Tarra sjommas en die Groot Karoo bly maar baas…..