Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

Bachelor’s party – DONE!!

Batchelor’s partytjies moet ʼn teken van Bo wees om jou te leer hoekom jy net een keer mag trou. Om jou liggaam en siel meer as een keer deur hierdie anargie te sit is chaoties en uitheems.

Myne het gekom en dit het gegaan en “I live to tell the tale and to inflict pain onto those who attended mine.”

+/- 3 weke terug vlieg daar so kort en kragtige email my Inbox in waar ek mooi versoek / gedreig word dat ek Vrydag 17h30 by my huis moet rapporteer met ‘n ekstra onderbroek en tandeborsel. Nou om so iets laatmiddag te kry na ʼn harde dag op kantoor is net so goed jy vat ʼn blinde persoon se gidshond weg; dit is net nie reg nie, maar hey, elke sport het sy beserings en hierdie is een van daai sportsoorte wat jy nie rammetjie uitnek wil raak nie.

Vrydagmiddag 17h30 en my naweek van Vasbyt begin. Met geen idee wat daar vir my te wagte is nie klim ons op die Weskuspad Langebaan se kant toe. So paar kilometer voor Langebaan skiet ons links by die Weskus Nasionale Park in en vir die eerste keer besef ek ons gaan na Sieb se strandhuis toe.

Die res van die spulletjie hardloop so paar minute later en ʼn paar koues word rustig geniet terwyl ek my dinges afvries in die wind.

Skielik uit die bloute is daar ʼn verskyning van 3 bakkies, 3 Isuzu bakkies, 3 VOL Isuzu bakkies. My gemoed slaan die grond maar terselfdetyd is ek opgewonde om al die wetters weer te sien. Voel amper soos daai eerste Willeklong trips wat ons jare gelede gehardloop het.

Nou dit is hier waar ek nou vir jou ‘n gedetailleerde, punt vir punt terugvoering kan gee van my naweek, maar ons almal weet hoe dit gewoonlik gaan, so ek gaan nie eers probeer nie…

• 20 tjommas met meer vog as wat ŉ distrik kan voorsien met ekstra voorraad as hulle ooit te kort sou skiet

• Geen kaalbas tannies of daai tipe k*k nie

• Kick-ass venue – op die see met Langebaan se liggies net oorkant die water

• Ruan wat my soos ‘n Suid Koreaanse hoer aan getrek het (Adult nappie, gips, blonde pruik)

• Ek sal Parma se graf eendag toegooi met uie, vir daai ma helse een wat hy my laat eet het (dit was meer geforseer as enigiets anders…)

• Vir Dirk & Bloues wat harder gek*k het as ek…whahahaa

• Vir Ruan & Marnus (Scarface) wat beserings op getel het…dom bliksems

• Sal in ŉ lang tyd nie weer my gesig kan wys in Langebaan nie, veral na my woeste naam-gat-maak episode daar, onder die genadelose begeleiding van my 20 tjommas… Thanks boys!

• Stories en jokes waar jy jouself amper natmaak

• Ons het amper met ‘n Porche teruggekom toe ŉ dom aap reken hy gaan tier try wees…whaahaha…domste bliksem OOIT!!

• Ons het die geleentheid gehad om Brill in die see te los, maar toe pla ons gewete ons en Nic moes hom gaan red…shit dit was so amper of beide my lewenslange drome het die waarheid geword…jokes

• Almal mag in hulle onderbroeke loop, BEHALWE Brill

• Van die hardste twee dae / aande in my lewe… Die Lugmag se VASBYT lyk soos ‘n kinderkrans teen dit…

• …. (Iemand het die film weggegooi hier…???)

• En laastens: om deel te wees van ŉ groep ouens wat jy weet saam met jou die goeie en slegte pad sal stap.

Ag hel, ek het seker ŉ hele paar goedjies gemis, maar dit is ŉ vinnige oorsig van my enigste en laaste bachelor’s naweek.

Vir die wie s’n nog kom…sterkte, maar meer belangrik geniet dit!

Vir almal wat daar was en wat dit moontlik gemaak het, baie dankie…en onthou as dit jou beurt is, dan is dit jou beurt…whahaaha.

Leave a comment