Skip to main content Scroll Top

08 Feb: Up-The-Creek fees

Sjoe die een gaan bietjie tuff wees. Nou hoe so? Wel hoe beskryf ‘n mens een van die grootste rock festivals in ons land? Hoe beskryf ‘n mens AL daai goeie tye saam met ou en nuwe pals? Hoe (en die is VREK belangrik) beskryf ‘n mens die pyn waarin my liggaam nou is? Natuurlik praat ek van die Up The Creek Festival by Swellendam. Sjoe ek sit hier met my laptop op my skouers in silly JHB en wonder wat ek kan se oor so ‘n stunning fees. Wel die…

31 Jan: Bio dans op Piketberg

Met Zinkplaat se Karoo Poison op die radio was ons weereens op die langpad. Dié keer was dit Piketberg toe om diens te gaan doen by die Bio Dans. Jup, ons is besig met ons diensplig. Baie manne veg vir ons land, maar hierdie seuns kuier vir ons land. Mense sal dink dit is maklik, maar vandag sukkel hierdie laaitie om te fokus. Die liggaam is daar, maar die gevoel het my verlaat. Ek weet nie presies waar dit is nie, maar ek dink dit is êrens op Piketberg. Sal dit…

11 Jan: Toer Oranje Rivier toe

Op pad Stellenbsch toe Sondag chat ek en Vicky so lekker oor ons trippie op die Oranjerivier en hoe befok dit was. En nou sit ek hier en wonder hoe de hel ek hierdie trip aan julle kan verduidelik. Hoe kan n mens al die goeie tye, befokte pals (oud & nuut), natuur wat n mens net in die mooie Namibia kan kry en natuurlik memories wat nooit vergeet sal word nie, beskryf? Daar is niks wat dit kan beskryf nie. As ek n woord moet kies wat DALK kan beskryf…

04 Jan: Rock festival by Hangklip Hotel

Vroeg Vrydagoggend skakel ou Greg my om uit te vind of ons Willeklong stoutgatte na die Rock festival by Hangklip hotel toe gaan. Wel ons het eintlik op ‘n rustige naweekie staat gemaak, maar met sulke nuus hoe de hel kan ons nou nie gaan nie. Saterdag so net na middag ete skiet die Isuzu bakkie weereens na nog ‘n fees/festival. Dit was net ek (Henry) en Colin, want Vicky en Ron het ander verpligtinge gehad wat hulle moes nakom. Met net ‘n Willeklong hemp, paar sente in die sak en…

30 Nov: Jam Rock fees

‘n Rock festival in Ladismith? Is dit ooit moontlik? Jup, hulle het hierdie jaar (2004) een op die been gebring en dit die “Jam Rock Festival” gedoop. Nou hoe kan ‘n mens so ‘n gulde geleentheid misloop om ‘n fees in sy junior stadiums te mis? Eendag is die fees moerse populêr en dan kan ons terugdink aan die heel eerste een. Meeste van die boys het ander verantwoordelikhede gehad, so dit was net ek (Henry) en Vicky van Willeklong wat deurgeskiet het soontoe. ‘n Goeie pal van my, Diana, het…