Vroeg Vrydagoggend skakel ou Greg my om uit te vind of ons Willeklong stoutgatte na die Rock festival by Hangklip hotel toe gaan. Wel ons het eintlik op ‘n rustige naweekie staat gemaak, maar met sulke nuus hoe de hel kan ons nou nie gaan nie. Saterdag so net na middag ete skiet die Isuzu bakkie weereens na nog ‘n fees/festival. Dit was net ek (Henry) en Colin, want Vicky en Ron het ander verpligtinge gehad wat hulle moes nakom. Met net ‘n Willeklong hemp, paar sente in die sak en…
‘n Rock festival in Ladismith? Is dit ooit moontlik? Jup, hulle het hierdie jaar (2004) een op die been gebring en dit die “Jam Rock Festival” gedoop. Nou hoe kan ‘n mens so ‘n gulde geleentheid misloop om ‘n fees in sy junior stadiums te mis? Eendag is die fees moerse populêr en dan kan ons terugdink aan die heel eerste een. Meeste van die boys het ander verantwoordelikhede gehad, so dit was net ek (Henry) en Vicky van Willeklong wat deurgeskiet het soontoe. ‘n Goeie pal van my, Diana, het…
Die Vrydagmiddag laat vat 6 van ons (Eduard, Colin, Ron, Henry, Vicky & Marnus) die langpad Vredendal toe met Eduard se 2.8 Isuzu bakkie. Rittelfees 2004 roep en Willeklong moet antwoord gee. Colin was die baas agter die stuur, met sy wingman Eduard langs hom. Die res van ons het agter gesit met 3 oulike kassies Amstel. Die pad was lank en onderbreek deur n pee hier en dan een daar. Tannie Amstel het begin praat en dan word daar weer gesmeek dat Colin moet stop anders maak ons die sluise…
Ek dink hoe meer ek in die Swartland omgewing kuier, hoe meer hou ek van die plek. Ek en ou Colin het weereens die langpad aangepak en gemik vir Malmesbury. Ons het IEWERS gehoor dit was hulle skou hierdie naweek en Willeklong was nog nie vantevore daar nie. Yeah right. Hier kom ons twee stoutgatte daar aan met skougees wat enige leeu op sy moer sal gee en toe hoor ons die skou is eers oor twee naweke. Bliksem! Wat de donder doen ons nou?! Nee wat, toe ons by hierdie…
Saterdagmiddag, net so duskant middagete, besluit ek en ou stoutgat Colin mos: hoekom vat ons nie maar die platteland aan nie. Nadat ons uitgevind het dat Moorreesburg se Swartland Skou aan is, het ons die lang pad gevat. Dit was net die twee van ons, want meeste van die ouens was by parties en ander was besig met admin (girls) goedjies. Dié keer het ons met so regte ou feeswa gegaan. Hy is gedoop “Bliksem” en julle sal hom nou op al ons trippies begin sien. Dit was so n rooi…