Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

Kinders vir “galore” by Skurwekop

Blog Main Image Template

11 gesinne (25 kinders) almal van Wellington op een kamp – jup, jy het reg gelees.

So paar weke gelede sit ek en Tertius Joubert en teug aan ʼn koue bier toe hy ʼn klip in die bos gooi dat ons die jaar moet afskop met ʼn lekker kamp. Skiet die voorstel na ‘n paar manne en voor ons ons kon kry is daar 10 families wat bevestig. Om eerlik te wees as die COVID wetgewing (Toerisme) meer as 50% okkupasie toegelaat het, sou daar seker nog ʼn paar name op die lys gewees het.

Ek het al saam met vele van die gesinne gekuier om die vuur, maar hierdie gaan die eerste kamp wees saam met ʼn paar van hulle.   

  1. Ek & seuns
  2. Jacques Groenewald & gesin
  3. Tertius Joubert & gesin
  4. Frans Laubscher & gesin
  5. Bertie Joubert & gesin
  6. Andre Piek & gesin
  7. Mauritius du Toit & gesin
  8. Pieter Louw & gesin
  9. Retief Joubert & gesin
  10. Chris Buckle & gesin
  11. Henry Muller & gesin

Vrydagmiddag en die gesinne sak neer op Skurwekop wat geleë is langs die Breede Rivier in die Robertson omgewing. Die kinders spat in alle rigtings terwyl kamp opgeslaan word. ‘n Paar braai dromme word nader gedra en kort voor lank is almal in hul kampstoele om die vuur – natuurlik gewapen met ietsie koud vir die keel.

Camping weekend with family & friends @ Skurwekop

Persoonlik, is ek nie gewoond om met so ʼn groot groep mense te kamp nie, so daar was ʼn mate van bekommernis aan die begin dat daar moontlike “cliques” mag wees, maar verbasend was dit ʼn ongelooflike groep mense.

Daar was geen voorafbeplande agenda rakende etes nie en almal kon net ontspan en as die son begin mik om sy strale terug te trek word die eerste vure aangesteek en kort voor lank is daar joligheid om die vuur.

Camping weekend with family & friends @ Skurwekop

Een ding wat ek die naweek weer opgemerk het is die verskillende maniere hoe elke gesin kamp. Ek spandeer baie tyd en moeite om ons familie se 80 Series Cruiser (Tigger) volgens ons manier van reis en kamp in te rig, maar in baie maniere is dit ʼn “overkill”, want as jy die regte uitkyk in die lewe het kan jy met jou platkar en ʼn Cadac koelerboks by meeste plekke gaan kamp.

Elke persoon wat al gekamp het sal vir jou sê dit is waar hul begin het. Ja, Tigger kan my seuns na plekke vat waar die normale platkar jou nie sal vat nie, en die groot yster het ʼn verantwoordelikheid om dit voort te doen al is ek eendag nie daar nie, maar meeste kampplekke in ons mooi land is relatief maklik bereikbaar.

Camping weekend with family & friends @ Skurwekop

Dit was my eerste keer by Skurwekop en ek moet sê meeste van die tyd kamp ons by “off the beaten track” plekkies, so hierdie was puik vir die kinders want daar was net so baie opsies met die speelarea, swembad en rivier letterlik ʼn paar meter van ons kamp. Dit het oneindige opsies vir die kinders gebied. Nuwe maats is gemaak, hier en daar ʼn traan, maar gelukkig van korte duur.

Dankie vir ʼn top naweek almal. Ons maak gou weer so.

Kliek hier vir ʼn paar foto’s van die naweek se kamp.

Camping weekend with family & friends @ Skurwekop

Comments (3)

Great naweek gewees!!! Def weer op my lys van kampe.

Janee ek beaam wat jy sê Henry. Vrek lekker naweek saam met vrek lekker mense. En al die aktiwiteite vir die kinders, het gesorg dat ons as ouers effortless kon ontspan. Wat n voorreg! To be continued….

Leier Jonkor,

Dit was prettig en vir ons eerste kamp as voltallige gesin met 3 kinders, so te sê 4jaar oud en jonger, het jy en letterlik almal wat saam was, dit onbeskryflik lekker gemaak.

Ek wil amper sê, ons is gehook wat kamp betref, maar die kamp-gear sal nou maar so stuk-stuk aangeskaf moet word.

Tot ‘n volgende keer…ons sien uit!

Leave a comment