ʼn Paar weke gelede ontvang ek ‘n oproep van oom Bassie Basson, hier op Wellington, wat wil weet of ek en die seuns nie belangstel om by sy vriende, Andre en Suzaan Theron wat naby Merweville boer, se nuwe Boskamp te gaan kamp nie. Dit is mos musiek vir my ore en voor ek my weer kon kry is ons 4 manne (Lian se makker, Paultjie, het by ons aangesluit vir die naweek se kuier) oppad Merweville toe. ‘n Paar km buite Ceres, net nadat ons regs gedraai het op die…