Familie

27 Jul: Uitspan by Enjo Life en Donkieskraal

As die eerste 7 maande van 09 nie vir jou verby geflits het nie dan was jy wraggies nie besig gewees nie. Om eerlik te wees dit is verdomd kommerwekkend, want die lewe raak al hoe vinniger hoe ouer mens raak. Ek en M spaar oudergewoonde al ons verlof tot einde van die jaar wanneer ons lang trips beplan, maar hier begin Julie het ek vir M mooi gevra of ons nie maar ’n breuk kan vat nie, want bliksem dinge raak nie grond nie. Reëlings is gemaak en ons vir…

27 Jul: Naweek by Enjo Life

Dinsdagoggend en ek is uit die kooi en woes opgewonde. Ek ruk ons cottage (het so 4 dae lekker ontspan by Enjo Life in die Cederberge) en roep die koue oggend met my snassy / skimpy slaap broekie. Steun my bors uit en weet dat vandag is die dag…jup, vandag…is die dag wat ek my ou Hells Angels baadjie / pakkie gaan aantrek en alles wat leef en beef die skrik op die lyf jaag hier diep in die Cederberge. Skop Marli uit die kooi en sleep haar badkamer toe om…

02 Mar: Is dit al ‘n jaar?

1 Maart 2008 (presies ‘n jaar en 1 dag terug) het ek met die mooiste nooi in Oudtshoorn getrou. Ek onthou dit nog soos gister. Dit was woes warm en arme Ruan en Oros het gesukkel in daai swart pakke van hulle. WOW tyd vlieg darem. Soos enige dametjie nou maar is, wil hulle hê jy moet 1) die datum onthou en 2) as jy dit onthou moet daar darem ‘n ietsie vir hulle wees. Die laaste twee weke was vir ons albei maar rof met ’n ton op ons TO…

07 May: Van Der Kloof en sy gawe mense

Soos enige ander langnaweek moet mens vooraf ‘n sekere hoeveelheid beplanning doen om die sukses van hierdie baie benodigde kort vakansie te optimaliseer. Soos enige iemand wat vir ons ken (veral vir Henry ken) is die doel van so ‘n langnaweek om soveel, en so wyd as moontlik in ons land in te vaar en te travel. Daar mag nie ‘n grondpaadjie of ‘n Karoobossie oorgeslaan word nie. Alles moet gesien, gevoel en ervaar word en met geen verdere versuim is dit toe presies wat gebeur het… Ons is vriendelik uitgenooi…

14 Apr: Wittebrood (deel 3) – MSC Melody

Na Zingela was dit weer terug in ons lemmetjiegroen rental en op die pad terug Durban toe waar ons die aand in ʼn hotel spandeer het voor ons op die volgende avontuur vertrek het. Teen 06h00 Maandagoggend kon ek nie meer my opgewondenheid beteuel nie, want ons twee gaan vir ʼn week op die Melody passasiersboot Mosambiek toe. Dit was die eerste keer vir beide van ons en met ʼn vrag opgewondenheid en tonne seesiek pille kom ons by Durban hawe aan. Dit wemel van taxi’s soos honderde opgewonde passasiers afgelaai…

06 Apr: Wittebrood (deel 2) – Zingela Safaris

Ons is Vrydagoggend vroeg by Nibela Lodge weg terug Durban toe via die N2. Hierna het ons Wes geskiet op die N3 na die dorpie waar die bekende vark worsies en bacon produseer word – Estcourt. By Estcourt draai ons regs deur Weenen Wild Reservaat waar ons ‘n paar renosters 20m van die pad raakloop voor ons die klein dorpie, Weenen, bereik. Vir die volgende 3 dae (2 nagte) gaan ons in die geselskap van Zingela Safaris wees. Die Zingela kamp is in 1983 opgerig diep in Zululand langs die Tugela…

01 Apr: Wittebrood (deel 1) – St Lucia

Die Sondagoggend na die troue het ek en Marli lank in die bed gelê en die vorige aand se gebeure oor en oor bespreek. Het lekker vir haar gelag toe sy joke oor haar nuwe van wat sy nou het en dat sy AL haar persoonlike details moet vervang bv. paspoort, ID… Ons het almal se advies gevat en n ekstra dag by De Opstal gebly voor ons vertrek het met ons wittebrood. Dit was seker die beste ding wat ons kon gedoen het want ons twee was so moeg dat…

16 Nov: Ek en M slaan 2 jaar

Gister presies twee jaar gelede, 15 November 2005, het ek en M se paaie gekruis. Ek onthou nog in die begin toe sy saam met ons klomp Klonge begin travel het, het die girltjie maar effe senuweeagtig gelyk, maar deesdae hol sy voor in die koor en moet ek soms net keer anders is daar nie einde nie. In dieselfde asem bly sy nogsteeds ‘n asemrowende vrou, al lê sy langs ʼn bakkie in die Karoo of in ʼn aand rok by ʼn funksie. Ek weet ek is nie die maklikste…

08 Oct: Jonker familie reünie

Een ding wat die ou generasies wild goed gedoen het was families bou. Ek kyk byvoorbeeld na my pa se familie: die jongste van 10 broers en susters, maar by verre die grootste. Verbeel jou jy het 9 broers en susters? Mense, dit is mos probleme op ʼn heel ander level!! Nou omrede my pa die baby van die spulletjie is, is van my nefies vrekweet net so oud soos my pa, wat dan my suster en ek in ʼn verlore ouderdomsgroep los. Met die jare sien mens die spulletjie minder…

21 Jun: Trou rëelings begin…sjoe!

As jy vir my 6 maande gelede gesê het ek gaan vandag sit en begin trou reëlings maak sou ek net daar myself vrek gelag het. Maar die lewe het ʼn manier om curve-balls jou kant toe te skiet en voor jy jou oë kan uit vee dan is jy knie diep in die storie en dan is daar net een pad en dit is vorentoe. Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek is mal hieroor, maar dit is net ironies dat ek, Henry Jonker, nou besig is met trou reëlings….