Ons twee weke lange reis van Hentiesbaai na Kasane was voorwaarlik ʼn belewenis, maar die tyd het nader gestaan dat ek en Jacques die bakkie se neus Suide toe moet draai. Ons vriende van Wellington, Jurgens en Karien Schoeman, het intussen by ons groep aangesluit en hulle gaan vir die volgende twee weke verder saam met ons groep reis deur Zimbabwe. Synde dat dit ons laaste dag by Chobe Safari Lodge is, besluit ons om van die geleentheid gebruik te maak om die tuiste van “the smoke that thunders”, ook bekend…
Alte Brucke Resort, Swakopmund: Die tyd het uiteindelik aangebreek. Ek en my goeie ou maat, Jacques Groenewald, vertrek op ʼn 12 dae lange reis saam met vriende van Live The Journey van Hentiesbaai, Namibië tot by Kasana, Botswana. Ons reis begin amptelik so +/- 50kms Noord van Swakopmund by die bekende visvangdorp, Hentiesbaai, waar ons konvooi van 11 voertuie bymekaar kom. Blad word geskud en dan word die nodige VHF radio’s in die voertuie installeer wat nie reeds radio’s in het nie. Jacques trek almal bymekaar en verduidelik die dag se…
Vrydagmiddag so net na 3pm druk ons die 80 Series se neus by die hekke uit. Ek wou al vroeër in die pad gekom het, maar die kinders se skedules het, soos altyd, daai idee kortgeknip. Nietemin, die opwinding in die voertuig is hoog en dit neem die seuns enkele minute om die padkos, wat ek sorgsaam voorberei het, te verslind. Jean maak ʼn opmerking en dit gooi die deure oop vir ʼn lang gesprek. “Jissie, voel of ons weer Namibië toe moet gaan. Wanneer doen ons die Angola trip pa?”…
Met die Laas gesin sterk oppad terug Klein Nungubais toe, druk ons die Cruiser se neus in ʼn Suidelike rigting op die B8. +/- 1km voor die Ngoma grenspos kry ons die afdraai na Chobe River Camp wat ons tuiste gaan wees vir die volgende 2 dae. Die 4km na die kamp is ʼn grondpad en soos meeste van die kampe waar ons reeds gekamp het, was dit plek-plek onder water. Die GROOT verskil was dat hierdie daai swart kleigrond was, en toe ons deur die eerste gat water gaan, sê…
Ons is presies halfpad deur ons 18 dae lange reis deur Namibië via Outjo en dan Oos, deur die Caprivi strook tot by Nambwa in die Bwabwata Nasionale Park. As jy erg verveeld is nadat jou ma jou Huisgenoot versameling weg geneem het, lees gerus die eerste twee gedeeltes: Van Nambwa beweeg ons verder Oos, al dieper die Caprivi strook in tot by Katima Mulilo waar die voertuie volgemaak word en die nodige proviand vir die volgende paar dae aangeskaf word. Ons tuiste vir die volgende twee aande sou by Zambezi…